Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


Op Vrydag 13 Oktober 2023 het Kakamas Aanvullende Gesondheidspan hulle jaarlikse aktiwiteitsdag gehou. Die tema hierdie jaar was “Unity through Community”.
Elke jaar vier die aanvullende span elkeen se professie deur ‘n aktiwiteite te doen en ‘n gekombineerde gesondheidsdag te hou. Hierdeur word bewusmaking geskep deur opvoedkundige praatjies en aktiwiteite - wat elemente verteenwoordig van elke professie.
 Die jaar het die aanvullende gesondheidspan van Kakamas besluit op die bogenoemde tema wat gebruik was vir Nasionale Arbeidsterapie week, omdat dit ons idee was om gesondheidswerkers in die distrik en hulle rol in die gemeenskap te vier as ‘n eenheid.


Elke professie het ‘n bietjie gepraat oor wat hulle beroep alles behels - om sodoende ook bewusmaking te skep. 
Daarna het spanne aan die aktiwiteite deelgeneem. Elke span het bestaan uit 4 lede. 
Daar was die drie-been-resies (deur fisioterapeute aangebied), waar hulle teen tyd moes deelneem - terwyl hulle binne bene twee-twee aan mekaar vasgebind was.  
Hierdeur het hulle besef dat dit soms moeilik is, om maklik te beweeg as mobiliteit op een of ander manier aangetas is. 
Daar was ook ‘n rolstoel-hindernis-baan (deur arbeidsterapeute aangebied), waar deelnemers ‘n baan moes voltooi in ‘n rolstoel - om sodoende bewusmaking te skep van waardeur pasiënte in rolstoele gaan. 
Daar was ‘n hele paar hande met blase op na die tyd!
Daar was ook ‘n aktiwiteit “monkey bussiness” (deur dieetkundige aangebied) - wat een in die span ‘n piesang met een hand moes afskil, die volgende een die piesang moes fynmaak (met een hand) en dan  die derde persoon die vierde een voer, terwyl altwee van hulle geblinddoek was!
 Tyd is geneem om te kyk hoe lank dit elke span geneem het. 
Hierdeur het almal ook besef watter uitdagings party pasiënte het om net te kan eet.
Die “pregnancy-pick-up” (deur maatskaplike werker aangebied), moes die span opstaan van die grond af en  voorwerpe van die grond af optel -  met ‘n bal voor aan hulle maag vasgebind. Dit het almal lekker saam laat lag.
Daar is pryse uitgedeel vir die span met die beste gees en die span wat die beste aangetrek was. 
Die spanne wat in die eerste drie plekke ge-ëindig het, het elkeen medaljes ontvang, asook ‘n sak met pryse in. 
Die dag is afgesluit met almal wat  saam onder die bome ‘n worsbroodjie en ‘n koeldrank te geniet en ‘n bietjie saam  gesels voor almal weer hulle eie gang gegaan het.
Hierdie dag het ook klem gelê op die gesondheid van individue deur fisisie aktiwiteite, om buite te wees, probleem oplossing en spanbou. Gesondheidswerkers dra soms swaar aan dinge waarmee hulle te doen kry, asook die stres om die tipe werk. 
Die dag help almal weer om net ‘n bietjie te ontspan,beter moraal, saam te lag en verhou-dings te bou.
So ‘n dag maak mens net meer bewus dat die geestelike welstand van gesondheidswerkers ook baie belangrik is en dat hulle ook soms net ‘n dag nodig het om af te skakel en te geniet.