Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMBOK-UPINGTON: Verlede week het Willie Janse van Rensburg, ‘n finansiële adviseur van Efficient Wealth op Upington, ‘n inligtingsaand gereël waar kenners gesels oor die Nasionale Gesondheidsverseke-ring (NGV), mediese fondse en gevreesde siektes.
Willem Basson van Efficient Wealth het die gaste verwelkom en gesê Effiecient Wealth is betrokke by Kansa deur deel te neem  aan die verskillende bewusmakingsmaande, soos November - Movember, waar daar klem gelê word op mans en kanker.
Hy het in die algemeen gesels oor mediese fondse en hoekom mense nie voorsorg maak vir genoegsame mediese fonds dekking nie. Die rede daarvoor is eenvoudig: mediese fondse is te duur.


Daarna het hy Verna Nel, ‘n mediese spe-sials van Efficient Wealth bekend gestel. Sy is die hoof van Effiecient Wealth se Gesondheidsorg.
Verna het die regering se Nasionale Gesondheidsversekeringsplan (NGV) aan die gaste verduidelik. Wat die regering beoog, die uitvoerbaarheid daarvan en die kostes vir die belastingbetaler.
Sy het gesê die die regering se dringendheid omtrent die NGV is oor die 2024 verkiesing. Dit klink goed in die ore van kiesers. 
Verna het gesê om so hierdie wetgewing goedgekeur te kry, is daar 17 stappe wat gevolg moet word en die regering is nou by stap 8.
Sy het die uitvoerbaarheid van die NGV bevraagteken. Die regering het R200 miljard addisionele finansiering per jaar nodig om die plan deur te voer. DWS 31% meer inkomstebelasting, 6,5% toename in BTW en 10% loonbelasting.
Vrae wat sy gevra  en bespreek het, is byvoorbeeld: “Gaan die NGV gebeur? Ja, maar nie in die vorm wat die staat dit nou voorstel nie. Die privaatsektor wil daaraan deelneem, maar in ‘n ander vorm. Die befondsing van die NGV is problematies en dat dit in fases geïmplementeer sal word.
Is mediese fondse dan nog enigsins nodig?  Ja, die staat kan nie alle dienste lewer nie.”
Verder het sy gesels oor verskillende mediese fondse en genoem dat die 2024 verhoging in mediese fonds premies, tussen 7,5% en 15,9% gaan wees.
Net 8.9 miljoen Suid-Afrikaners het privaat mediese fondse.  Die meeste siektes is kanker, diabetes en kroniese lugwegsiektes. Kanker byvoorbeeld, neem met 160 00 per jaar toe.
Hoe kies jy jou mediese fonds? Verstaan jy jou voordele? Wat gemaak as jy gaan aftree? Sy het gesê mense moet na hulself kyk en gereeld voorkomende toetse doen. Hoe vroeër jy ‘n siekte, soos byvoorbeeld kanker, opspoor, hoe minder koste het jy.
Ter afsluiting het Stern Visagie, risikospesialis van Old Mutual, gesels oor Gevreesde siekte dekking en die  impak van kanker op jou lewe.  Nadat Willem Basson almal bedank het vir hul insette, is daar ‘n heerlike aandete bedien.
Vir meer inligting, kontak Willie Jansen van Rensburg by 082 397 4177 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.