Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Hierdie afgelope Saterdag se Run for the Ribbon-pretloop -om bewustheid te skep vir kinders/volwassenes met Downsindroom - was weer ‘n weghol sukses.
Die idee het by die organiseerder, Suné Wiese, ontstaan om vir Oktober wat Downsindroom bewustheidsmaand is iets te doen vir Downsindroom. 
Omdat Suné en haar man Jaco, se seuntjie, Graham, ook ‘n Downsindroom kind is, het sy besluit om bewustheid daaroor te skep.
“Donwsindroom bewusmaking is vir my so baie belang-rik.  Dankie is so ‘n klein woorde, maar dra soveel gewig. 
Baie dankie aan elkeen wat die Run For The Ribbon bygewoon het en bygedra het tot so ‘n suksesvolle dag. Dit was hope pret vir klein en groot. 


Gedurende die reel van die stap het ek telkemale die vraag gekry hoekom ek dit doen, want vir my persoonlik is dit ‘n baie emosionele ding. 
Die antwoord is maklik. 
As net een persoon met ‘n gestremdheid voel hy of sy pas in en word gevier - en voel spesiaal - al is dit net vir daai een dag - dan het ek my doel bereik. 
 Oumas, Mammas en Pappas van kinders met spesiale behoeftes het Saterdag bygewoon en vir my was dit so spesiaal.
Dankie Upington dat julle as gemeenskap ons kom ondersteun het om ‘n verskil te maak in ander se lewens. Ons is bevooreg om in ‘n dorp soos hierdie te bly, want dis ons gemeenskap en Jesus aan ons sy - wat ons dra wanneer dit voel of jy sukkel om staande te bly.