Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Matrone Adri Calisi, is sedert 1 Oktober aangestel as die nuwe bestuurder van die ACVV Tehuis vir Bejaardes.
Sy het ‘n passie vir bejaarde persone. Dis vir haar belangrik om bejaarde persone met respek en waardigheid te behandel. 
Matrone Calisi is van hierdie omgewing en het in Keimoes grootgeword. Sy was ‘n nooi Skipper. Adri is al se-dert 1992 in verple-ging  toe sy haar opleiding as verpleegster in Kimberley deurloop het. Daarna het sy in Medi City in Kimberley verpleeg, het ‘n aantal jare by die ou Gordonia Hospitaal se hoë sorg gewerk voordat sy in 2014 in Engeland gaan werk het.


Daar het sy by verskillende ouetehuise gewerk en ook bestuur. Daarna het matrone Calisi na Suid-Afrika teruggekom waar sy as suster in bevel in 2017 by Oranjehof , saam met matrone Marie Crafford gewerk het.
Matrone Adri Calisi sê hierdie pos is vir haar ‘n uitdaging. Sy het baie planne vir die ouetehuis. Sy wil die ondervinding wat sy in Engeland opgedoen het, gebruik om die ouetehuis te bestuur.
Sy wil die aktiwiteite vir die tehuis se inwoners uitbrei. Sy is besig om met die inwoners te gesels oor dinge wat hulle graag wil doen. Sy is tans besig om besighede en kerke te kontak om betrokke te raak by die ouethuis.  
Die ouetehuis is in die vroeg sestigerjare deur die Rotariërklub geïnisieer.  Daarna het dit deel geword van die ACVV en dis belangrik om te noem dat dit ‘n geregistreerde ouetehuis is. Die tehuis is ‘n nie-winsgewinde besigheid en is afhanklik van skenkings. 
Daar is 51 beddens in die ouetehuis, wat enkel, sowel as dubbelkamers, insluit. Dan is daar ook nog die verswakte sorg sentrum met 40 beddens, asook verskeie woonstelle wat bewoon word.
Vir enige navrae, kan matrone Calisi by 054-332 1986 geskakel word.