Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Tydens die onlangse Internasionale Sultana Konferensie  wat in die Hyatt Regency Izmir IstinyePark Turkye gehou is, is mnr. Johannes Fourie, voorsitter van Raisins SA vereer vir sy bydrae tot die internasionale rosynebedryf, die afgelope 20 jaar.
Die konferensie word jaarliks gehou en Johannes Fourie woon dit al sedert 2 000 by as voorsitter van Raisins SA se direksie. 
Dis by hierdie geleenthede waar die bedryf se netwerk en vriendskappe met ander produksiegebiede gevestig word.

Dit word gebruik om as platvorm te dien waar nuwe tegnologie (kultivars)  en boerdery praktyke aangespreek word. Johannes was instrumenteel oor die afgelope vyf jaar om die gesprek van generiese promosie van rosyne tot ‘n werklikheid te roep. Die laasgenoemde baat nie net die OR produsent, maar ook ons eweknieë internasionaal.
Mnr. Fourie  het in 1973 begin boer, maar sê hy bly steeds ‘n beginner wat elke dag iets nuuts leer. Hy is al vir die afgelope twee dekades die voorsitter van die direksie, aanvanklik DTD en toe van Raisins SA vanaf 2019 na die omskakeling.