GEMSBOK-PABELLELO: “Dit is vir ons as Masakhane Arts Centre ‘n besondere voorreg om die alenigste groep te wees wat gekies was om Suid - Afrika te gaan verteenwoordig in een van die grootste kunstefeeeste genaamd “The Herritage Of Africa Theatre Festival” in Ghana,” so vertel Elcardo Chulu, uitvoerende direkteur van MAC.
Die dinamiese kunstegroep gaan hulle beste kulturele dramastuk -genaamd Silence In The Dark - by die fees op die planke bring.
“Ons is heeltemaal in die wolke oor hierdie geleentheid. Een van die hindernisse wat ons wel in die gesig staar, is dat ons bietjie sukkel om ons vliegtuigkaartjies - vir die sewe lede wat gekies is vir hierdie aanloop - te kan bybring,” vertel Elcardo.
Hy sê hulle is tans besig met fondsinsamelings “om seker te maak dat ons kan gaan”.
Die fondsinsamelings behels ‘n toer deur die Noord-Kaap, waar hulle die produksie gaan opvoer.
“Voordat ons dit uit die land uit neem gaan ons op die volgende datums by verskillende plekke optree. Op 09 en 10 November 2023 by Masakhane Arts Centre - Upington. Op 12 November 2023 Kokasi - Kuruman en op 15 November 2023 in Griekwastad.”
Masakhane Arts Centre is ‘n kunstegroep wat hoop om dwelmmisbruik, sowel as vreemdelingehaat in die land te bekamp, asook om kinders en tieners in
Upington en omgewing te leer hoe om kuns te gebruik om die negatiewe sosiale euwels in die lewe te navigeer. MAC glo dat verskillende kunsvorme, insluitend skilder, dans en toneelspel ‘n positiewe uitlaatklep vir hul energie en emosies sal wees.
Die “Masakhane Arts Centre” is ‘n baie pas-sievolle drama groep wat meestal hul talent uitleef deur met nuwe dinge te eksperimenteer. Die groep se selfgeboude teater, by die Masakhane Arts Centre in Paballelo is ‘n kunssentrum, het reeds baie suksesvolle produksies op die planke gebring. Die groep het heelwat kunstefeeste onder die belt. Van die feeste sluit in plaaslike feeste, die Grahamstadse Kunstefees en nou ook internasionale feeste.
Die afgelope paar jaar hou hulle nie net hul produksies op die planke nie - maar lewer ook heelwat gewilde kortfilms en selfs ‘n vervolg-verhaal of twee op hulle digitale platvorms (Facebook en YouTube).
Die talente van hierdie jongmense vanuit verskillende oorde is onmeetbaar.
“En op daardie noot vra ons asseblief vir enige verdere donasies om hierdie pragtige geleentheid ‘n werklikheid te kan maak,” lag Elcardu.
Ons kontak nommer is 0796787096 stuur ‘n epos aan