Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

UPINGTON: Die Provinsiale Kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het die lewenslange tronkstraf wat Gladwin Steenkamp opgelê is - vir die moord op ‘n 8-jarige seun op 30 November 2022 in Kenhardt, verwelkom.
Die beskuldigde is op 13 Oktober 2023 in die hooggeregshof in Upington gevonnis.
Die veroordeelde moordenaar het op 29 November 2022 sy meisie aangerand en nadat sy en haar ma die volgende dag ‘n saak van aanranding by die polisiestasie gaan registreer het, het die beskuldigde na die huis van sy meisie gegaan en haar agtjarige broer gevat en vermoor - deur die seun se keel grusaam te sny.


Hy het die seun toe in ‘n duvet toegemaak waar die seun se ma hom later onder ‘n bed versteek gevind het.
Die noukeurige ondersoek deur speur-ao Elrich Mienies van Kenhardt SAPD het gelei tot die skuldigbevinding van Gladwin Steenkamp wat ‘n lewenslange vonnis ontvang het.
Hy het ook ’n bykomende vonnis van 14 jaar gekry vir die aanranding van sy meisie.
Die NVG-staatsaanklaer, advokaat Tercheen Engelbrecht het ook ‘n integrale rol gespeel om hierdie uitstaande vervolging te beveilig.