Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Heerlike koel oggend het Sonel Brits, besturende direkteur  van die ATKV, hier in Upington verwelkom, toe sy die toekenningsfunksie van ATKV-takke Rooiduin en Kakamas, bygewoon het.
Uppies Kultuurdiere het die verversings bedien en Helena Buys, voorsitter van Groblershoop se Grobbies-tak, sowel as Charmaine Fourie, voorsitter van ATKV-tak Askham, het die funksie bygewoon. Gaste van so ver as Marchand en die Kalahari het gekom om die geleentheid by te woon.


Die ATKV het 70 000 lede, wat die ATKV se voetspoor in die hele Suid-Afrika uitdra.Hierdie organisasie gee graag erkenning aan mense wat in hul gemeenskap, ‘n groot bydrae lewer op die gebiede van taal, kul- tuur, kuns en opheffingswerk. Hierdie mense wat ‘n verskil maak, word deur die ATKV vereer met toekennings soos bv. Veertjies, Mediaveertjies, Pluimpies, Klop op die skouer, Afrikoon en Oorkondes.
Die besture van ATKV-takke Rooiduin en Kakamas het mense genomineer en ‘n komitee wat bestaan uit die hoofbestuur van die ATKV, het hierdie mense vereer met toekennings. Hierdie toekennings is op 21 Oktober 2023 oorhandig by ‘n glansryke seremonie, waar Anna Davel as  gaskunste-naar en seremoniemeester opgetree het. Sy het die gehoor aan haar voete gehad en het ook saam met die gehoor vir Elsa Jones, redakteur van die Gemsbok, toege-sing vir haar sestigste verjaarsdag.
Jana Visser  (ATKV-tak Kakamas) het die toekennings voorge-lees, wat deur Sonel en Marco van den Berg (ATKV-Streekbestuur-der: Namibië, Kalahari, Noordwes, Suid-   Vrystaat en Nama-kwaland) oorhandig is.
‘n Klop op die           skouer word toegeken vir mense wat ‘n groot verskil in hul gemeenskappe maak. Jacomien Botes, Hannie Carstens-Nel, Madelein May en Henriëtte Theron is vereer met  Klop op die skouer toekennings.
Jacomien, ‘n maatskaplike werker, wat onlangs ‘n PhD aan die Universiteit van Noord-wes (NWU) verwerf het, werk by Karsten Boerdery en is alombekend vir haar opheffing van kinders wat in moeilike omstandighede grootword. Sedert haar kinderjare in Groblershoop en later as maatskaplike werker by NICRO, is sy bekend as iemand wat daardie ekstra myl loop om straatkinders en minderbevoorregte kinders, te help.
Hannie Carstens-Nel, ‘n Afrikaans-onderwyseres by HMO, is bekend daarvoor dat sy die een is wat veg vir SUIWER AFRIKAANS. Juffrou Hannie is al baie jare in Kakamas  betrokke by redenaarsafrigting en die skool se kultuur-aktiwiteite. By streek- en provinsiale redenaarskompetisies hardloop sy gewoonlik van een lokaal na ‘n ander om al haar kinders te ondersteun. Hannie se uitslae in Afrikaans Huistaal is ook van die beste in die provinsie en sy het baie jare as nasiener en senior nasiener van Afrikaans Huistaal in die SSE, op haar kerfstok.
Madelein May is sinoniem met Hoërskool     Upington en hul ATKV-jeugtak, die Kul-tuurdiere.Sy is die dryfkrag agter die tak se aktiwiteite, waarvoor hul jaarliks by die ATKV se Algemene Jaarvergadering vereer word as die mees funksionele jeugtak in die streek (Namibië, Kalahari, Noordwes,Suid-Vrystaat en Nama-kwaland). 
Van hul groot projekte is: Konserte, teepartytjies en Bingo aande by Oranjehof en ACVV Dienssentrum, die bou van ‘n klimraam vir minderbevoorregte kinders, verering vir die petroljoggies en hul hulpprojek  vir die Verbrui-kerstudieklas van Hoërskool AJ Ferreira. 
Madelein het ook nie van haar eie leerders vergeet nie, want in die moeilike Covid tyd, het die Kultuurdiere R15 000 geskenk aan die koshuise van Hoërskool Upington.
Henriëtte Theron is die staatmaker op Kakamas, wat die bibioteke aanbetref. Sy deel graag haar kundigheid en  haar jarelange ondervinding met almal. Sy is betrokke by die ATKV-biblioteek op Riemvasmaak en help al jare lank om hierdie projek aan die gang te hou. Sy het onlangs vir Hannie gehelp om HMO se biblioteek oor te doen. Vir Henriëtte is dit belangrik dat kinders ‘n liefde vir lees moet ontwikkel en jarelange leerders moet wees. Sy het op ‘n stadium ook ‘n biblioteek by haar huis gehad, waarin sy haar liefde vir boeke uitgeleef het. Henriëtte werk saam met ATKV-tak Kakamas, om deurentyd boeke in te samel, om hulle te help met hul projekte.
‘n Afrikoon is die hoogste toekenning wat deur ‘n tak voorgestel kan word. Met hierdie toekenning vereer die ATKV ‘n persoon wat op nasionale vlak, raakgesien word en wat ‘n groot verskil in baie mense se lewens maak.  Barnie Mans, adjunkhoof van HMO, is vereer met ‘n Afrikoon. Van kleins af lewe Barnie vir toneel en het as regisseur naam gemaak, op nasionale vlak. Sy toneelstukke vorder jaarliks tot by die finaal van ATKV-Tienertoneel. Sy toneelstuk, Bulldozer, het vanjaar ‘n derde plek behaal in by ATKV-Tienertoneel. Barnie is ‘n bekende in die ATKV en land se toneelkringe. Hy is ‘n inspirasie vir sy leerders asook vir ander onderwysers.
Die ATKV-takke Rooiduin en Kakamas het hierdie vyf verskilmakers gelukgewens en ook die wens uitgespreek dat hulle sal aangaan met hul goeie werk.
Die verrigtinge is afgesluit met ‘n heerlike kuier onder die koeltebome in die binnehof van die VEK Lighuis.