Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Ma is meer as ‘n vreeslose vrou. Sy is meer as ‘n held, sy is meer as jou beste vriendin, ‘n ma se liefde is onvoorwaardelik en kan nie met enige ander verhouding vergelyk word nie.
Hierdie woorde is beslis van toepassing op Amanda Bean en haar dogter Alicia Henn.
Hierdie dogter en moeder, albei oud-Upingtonners, het die afgelope jaar vir toetse gegaan en nou kan Amanda haar een nier vir haar dogter gee.
Maar kom ons begin by die begin.
Alicia het op Upington grootgeword en aan Hoërskool Duineveld gematrikuleer.


In haar matriekjaar het sy siekerig begin voel, was dokter toe en die dokter het haar na ‘n nierspesialis in die Kaap verwys. In die begin van 2013 is sy gediagnoseer met ligte nierversaking en was sedertdien op verskeie behandelings. 
Alicia sê sy het vir lank normaal aangegaan en nooit gedink sy gaan gediagnoseer word met eindstadium nierversaking nie.
Sy skryf: “Dit was vir my ‘n baie groot skok gewees en in 2022 moes ek op dialise gaan. 
My ma Amanda Bean, het in daardie tyd haar moederhart oor my uitgestort en gevra of sy nie  haarself kan laat toets nie, sy wil baie graag haar nier vir my skenk. 
Begin 2023 het ons toetse begin doen en dit het uitgedraai dat sy die perfekte “match” is. 
Nou, ‘n jaar later, is al die toetse gedoen en die prosedure goedgekeur. Ek was slegs twee jaar op dialise.”
 Op 11 Junie word die operasie by die UCT Private Academic Hospitaal in die Kaap gedoen. 
“Dankie vir elkeen se boodskap en ondersteuning in die tyd, dit word baie waardeer. Dankie vir my ma wat bereid is om ‘n deel van haar vir my te gee en my weer ‘n tweede kans op die lewe gee. My hart loop oor van dankbaarheid.”
Alicia is getroud met Eckard Henn. Hulle het in die selfde buurt op Upington grootgeword en is nou al sewe jaar getroud. Die egpaar woon op Hartenbos.