Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 

GEMSBOK-UPINGTON: Die kunstenaars van die Masakhane Arts Centre is weereens baanbrekers vir die kunste in die Noord-Kaap met hulle eerste volwaardige radiodrama wat tans op Radio Riverside te hoor is.
MAC is ñ kuns groepie wat hard daarna strewe, om die lewens van Upington se geemeenskap te verander. 
“Ons is nou, in samewerking met Radio Riverside,  met ‘n  baie interessante radio drama genaamd “Bloedskande”, besig. Dis ‘n  Afrikaanse radio-drama - wat op ‘n ware verhaal gebasseer is,” sê die skrywer Desmonia Leatisha Goliath. 
Die drama is op wraak en woede gebasseer. Ongelukkig kan jy nie altyd familie vertrou en verwag dat hulle 100% agter jou staan nie. Die verhaal handel oor ‘n pa wat sy eie seun se lewe vir geld en politieke sukses verruil het. 


Die drama is baie opvoedkundig en dit leer die luisteraars dat nie alles altyd maan-skyn en rose is nie.
 Die akteurs wat rolle in die unieke drama vertoolk is Desmonia Leatisha Goliath , Ryno Beukes, Elcardo Chulu, Julia Mabilo, Lu - Erwin De Bruin en Nkosana Maduna.
Die stigter van die organisasie, asook die regisseur van drama groep,  Elcardo Chulu, is tans hard aan die werk om sy groep voor te berei vir die groot Makhanda Fees in Grahamstad hierdie jaar. 
Die fees gaan plaasvind vanaf die 22ste Junie tot die 30ste Junie.
Hulle gaan dieselfde teater produksie -  “Silence In The Dark”  - wat in 2023 op die verhoog in Ghana baie lof verwerf het, weer hergebruik. 
Hierdie jaar het hulle besluit om bietjie huiswaarts te keer en ons eie mense  te vermaak met hulle talent. 
“Die verhaal is uit die boonste rakke. Dit vertel die direkte sensitiewe kant van toorkragte in ons gemeenskappe. Die hartseerste is dat jaloesie jou tot die verste kan dryf. Soveel so dat jy jou geliefdes sal opoffer en verruil vir jou eie genot,” vertel Elcardu. 
Hulle is besig om geld in te samel vir die optog na Grahamstad.
 Enige donasies en skenkings is meer as welkom. 
Hulle kontak nommer is 079 678 7096. Hulle is ook op YouTube en Facebook bekend as Masakhane Arts Centre.