GEMSBOK-PORT-NOLLOTH: Hierdie rare spesie, die Takse Reënpadda, is nog net een keer tevore gesien – in 2008 – toe ‘n enkele eksemplaar noord van Port Nolloth in die Noord-Kaap gevind is.
Die Takse reënpadda spesie is in 2012 deur professor Alan Channing benoem vanaf hierdie monster.
As deel van ‘n projek om prioriteitshabitatte te identifiseer en opnames te doen vir spesies met ‘n gebrek aan data, het die Trust vir Bedreigde Natuurlewe verlede week saam met Bionerds, SANBI se REFRESH-projek en onder leiding van Les Minter, ‘n bekende Reënpadda-kenner, vertrek na die noord- weskus - op wat hulle derde reis na die gebied was - om vir hierdie spesie te soek.
“In die vroeë, mistige ure van ‘n Donderdag-oggend, deur die piepklein voetspore wat in die sandduine agtergelaat is, was die span verheug om te rapporteer dat hulle nie een nie, maar twee van hierdie ontwykende paddas gevind het!
Hierdie ontdekking bevestig nie net die bestaan van die spesie nie, maar sal help om die weg te baan vir toekomstige bewaringswerk in die gebied.”
Hierdie werk is moontlik gemaak deur Rainforest Trust (Priority Areas Project), Synchronicity Earth en Anglo American Nature Positive Grant.