GEMSBOK-KURUMAN: Die Valke en die Batebeslagleggingseenheid het ‘n finale beslagleggingsbevel vir ‘n Mercedes-Benz teen ‘n 59-jarige Noord-Kapenaar, na sy inhegtenisneming in ‘n operasie in Kuruman wat die onwettige handel in ietermagogge teiken, verkry.
Die Valke se eenheid vir gespesialiseerde ondersoek en batebeslaglegging vir prioriteits-misdaad het ‘n finale beslagleggingsbevel vir ‘n Mercedes-Benz teen Neo Tongwane (59) suksesvol verkry.
Die hooggeregshof in Kimberley het die bevel op 6 November toegestaan. Volgens ao Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, volg die beslaglegging op Tongwane se inhegtenisneming in Julie 2023.
Die arrestasie het plaasgevind tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie deur die Kuruman Ernstige georganiseerde misdaad-ondersoek en taktiese reaksiespan (TRT), wat ‘n koop-en-arresteer-operasie in Kuruman ingesluit het.
In dié operasie is vier verdagtes vir onwettige handel in bedreigde spesies (spesifiek ietermagogge) aangekeer.
Die aangeleentheid is daarna na die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid (AFU) verwys vir ‘n gedetailleerde batebeslagleggingsondersoek, wat daartoe gelei het dat die finale beslagleggingsbevel vir die Mercedes-Benz toegestaan is, wat na ra-ming R150 000 werd is.