Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die waaksaamheid van die Springbok SAPD K9-span, met die bekwame opsporingshond Ozzy aan diens, het plaaslike lof verdien - nadat hulle drie verdagtes, wat in besit van renosterhorings en beskermde plante gevind is, aangekeer het.
 Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sers Timothy Sam, het gesê die owerhede het inligting ontvang oor ‘n ongeïdentifiseerde voertuig wat vermoedelik renosterhorings langs die R355-pad tussen Springbok en Gamoep vervoer het op 11 November. 
Op grond van hierdie inligting het die polisie ‘n voertuigkontrolepunt op die roete gevestig en alle verbygaande voertuie deurgegaan.
Tydens die operasie het Ozzy, ‘n K9 wat spesialiseer in die opsporing van beskermde spesies, beamptes gewaarsku oor verdagte bagasie in een van die gestopte voertuie.

 
’n Soektog het beskermde plante met ’n geraamde waarde van R45 400 en renosterhorings na raming op R449 000 aan die lig gebring. 
Daarna is ‘n 23-jarige vrou en twee mans, onderskeidelik 47 en 56 jaar oud, in hegtenis geneem.
Die verdagtes sou op 12 November in die Springbok-landdroshof verskyn.
Die Namakwa-distrikskommissaris, brigadier Schalk Andrews, het dankbaarheid teenoor die gemeenskap uitgespreek vir hul waaksaamheid om kriminele aktiwiteite aan te meld, wat die polisie in staat stel om vinnig op te tree. 
Hy het herbevestig dat, met die ondersteuning van belanghebbendes, die SAPD sal voortgaan om die net op kriminele bedrywighede styf te trek.