Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Volgens Facebook gebruikers het die geraamtes behoorlik die week uit die Kai !Garib Munisipaliteit se kas begin tuimel, toe Igshaan Sulliman ‘n rits gerugte oor die bestuur van die munisipaliteit op sosiale media geplaas het.
Die beweerde “swak of minimale diensle-wering aan die plaaslike munisipaliteit se gemeenskappe” is slegs die kruin van die ysberg, as jy Sulliman se plasing of sosiale media op sigwaarde vat. 
Van die beweringe wat die rondte doen betaal Kai !Garib nie salarisse vir die afgelope 2 tot 3 jaar betyds nie.
 Kontrakteurs en krediteure word voor werkers betaal.
 Pensioene is 25 maande of 2jaar en ‘n maand agterstallig.  
Wanbetaling van Pensioene vanaf 2014. (Die Kai !Garib-munisipaliteit, wat sedert Februarie 2022 in gebreke gebly het, was R30 miljoen agterstallig)
Medies, lenings en polisse word afgetrek - maar word nie oorbetaal. 
 Geen finansiële-gebeurlikheid-plan in plek.  SARS word nie betaal, beloop miljoene.


 Vergoedingskommisaris was in 2014 laas betaal. ESKOM se skuld beloop miljoene.
 Department Waterwese word ook nie betaal.
 Geen kommunikasie/korrespondensie, inligting, terugvoering vanaf bestuur.
 Geen beroepsgesondheid en veiligheids-maatreëls in plek.
 Kontant raak glo “weg” by Kakamas se verkeerskantoor met geen ondersoeke of gevolge.
 Sulliman beweer in sy Facebookplasing dat die raad deur administrasie mislei word en dat die bestuur nie konsekwent optree nie. Hy sê ook dat sogenaamde kaders sonder prosesse aangestel word en “ontvang Metro-salarisse.
(Kai !Garib plaaslike munisipaliteit val onder graad 1 munisipaliteite. Dit wil sê hy is een van die kleinste en armste munisipaliteite. Graad 6 munisipaliteite is metro munisipaliteite).
Hierdie kaders kry glo bestuursposte en is in besit van die raad se eiendom en selfs die meentgronde. 
Hulle reiskostes is glo ook buitensporig en sommige kaders ontvang sommer ‘n tweede salaris. Hy beweer ook dat sommige amptenare in hoë poste nie voldoende kwalifikasies en ondervin-ding het nie.
 Die GOP/ IDP is volgens Sulliman ‘n klug en slegs vir nakoming doeleindes.
Hy sê verder geen LLF of PAF word gehou om die werkers se probleme aan te spreek nie.
Ander beweringe oor die bestuur van Kai !Garib sluit in dat die munisipale bestuurder, in sy beweerde arrogansie, slegs een vakbond (SAMWU) bevoordeel. 
 Algehele bewerings is dat die munisipale bestuur nie verantwoordbaar optree of by voorgeskrewe protokolle hou, wanneer dit by die besluitneming  oor dienslewering en bestuurskwessies kom nie.
Navrae oor die beweringe is na die woord-voerder van die munisipaliteit gestuur, maar ter perse is nog geen terugvoer hieroor ontvang nie.