Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-HONDEKLIPBAAI: Kleinskaalse vissers  word dalk eersdaags genoodsaak om die departement van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE) hof toe te sleep,  oor die aantal bote wat aan hulle toegeken is om lynvis te vang.
Op 4 Maart het die departement aangekondig dat 377 vaartuie toegeken is. Voorheen is 300 toegeken onder die tussentydse verligting vir klein vissers, wat verlede jaar geëindig het toe die departement die erkenning van kleinskaalse visvangregte gefinaliseer het. Maar klein vissers sê 377 is ver van genoeg vir die 12 000 erkende kleinskaalse vissers.
Altesaam 359 van 377 bote is vir vissers van Port Nolloth na Kaap Infanta toegeken. Die aantal vaartuie vir die Aukotowa-koöperasie in Port Nolloth is van 15 tot vyf gesny. Die koöperasie het vir 18 aansoek gedoen. Die situasie saai erge konflik onder die vissers.


“Die vissers is kwaad. Dit plaas ons lewensbestaan in gevaar,” het van die vissers tydens die Gemsbok se besoek aan die Weskus onlangs, gesê.
Hierdie permitte is tans besig om vissers teen mekaar af te speel en kan op ‘n onderlinge ‘oorlog’ uitloop.
Gemsbok het tydens ons besoek ook met ‘n professionele visser gepraat wat, soos baie van die ander 12 000 klein vissers in die land, gesê het hy het nie ‘n permit om lynvis van sy boot af te vang nie. Hy het dus ‘n ontspanningspermit gekry. Maar toe hy en ander vissermanne op 15 Maart by Hondeklipbaai uit die water kom, het hulle polisie en soldate gekry wat op hulle wag.
Hondeklipbaai is ‘n klein gemeenskap sowat 90 km noord van Garies aan die Weskus van die Noord-Kaap. Dit het ‘n bevolking van ‘n paar honderd mense wat baie op visvang staatmaak.
Met trane in hul oë vertel die vissers oor die goeie ou dae, toe hul ouers van die see geleef het. Hulle vaders het soggens op die see uitgevaar en saans het die kinders op die strand gewag vir die skuite om terug te keer met hul vangs.
Sommige se moeders, susters en broers het in die fabriek gewerk, waar die vis gewas, gevlek en gesout is. 
Daardie dae is verby. 
In terme van die kleinskaalse visvangregteproses wat in November verlede jaar gefinaliseer is, word sommige vissers as ‘n kleinskaalse visser erken. Maar hulle het geen reg om lynvis van sy boot af te vang nie, want hy en die ander Hondeklipbaai vissers het nie permitte vir hul vaartuie nie. Die departement van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE) het net 377 vaartuigpermitte vir die kleinskaalse visserysektor vir lynvis toegestaan en vissers sê dit is nie genoeg nie.
Die besluit word betwis. 
Intussen het  die  Hondeklipbaai-vissers met ontspanningspermitte visgevang.
Maar op 15 Maart, toe hulle hul bote inbring, het hulle amptenare van die DFFE, polisie en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gevind wat wag om hul vangs na te gaan. Snoek is gekonfiskeer en boetes is uitgereik.
Die DFFE se optrede was “onaanvaarbaar”, het vissermanne aan die Gemsbok gesê. “Hulle moet by ons kom sit,” het hy gesê.
Peter Mbelengwa, DFFE-woordvoerder, het gesê die DFFE-beheerbeampte het beslag gelê op “oortollige vis” nadat hy bevind het dat verskeie vaartuie op die glybaan die daaglikse vangsperk vir ontspanningshengel oorskry het.
SAPD, met ondersteuning van die SANW, het gereageer toe lede van die publiek begin betoog het teen die vis wat gekonfiskeer word, het hy gesê.
Vissers beweer dat die gekonfiskeerde vis op die “mop” (vul-lishoop) beland het.
“Hulle het letterlik die kos uit ons monde geneem en op die mop gegooi,” vertel die vissers aan die Gemsbok.
Die volgende dag, op 16 Maart, het die visserybeheerbeampte en SAPD die inkomende vaartuie weer geïnspekteer, maar geen vis is gekonfiskeer of boetes is uitgereik nie, het hy gesê. Mbelengwa het gesê niemand is verhinder om op die strand te gaan of om see toe te gaan nie.
“Die afdwingings-aktiwiteite was nie daarop gemik om wettige permithouers te verhoed om vis te vang nie, maar was bedoel om onwettige vangste te voorkom, juis daarop gemik om te verseker dat die  wettige vissers nie nadelig geraak word deur onwettige operateurs nie,” het hy gesê.
Kleinskaalse vissers het gekla dat die toekenning van 377 vaartuie ver van genoeg is vir die byna 12 000 erkende kleinskaalse vissers.
Die besluit om die aantal vaartuie te verminder “sal ons vissersgemeenskap lamlê. Ons gemeenskap maak staat op lynvis om ons die grootste deel van die jaar aan die gang te hou”
Sonder meer vaartuie beteken die kleinskaalse visvangreg “niks nie. Mbelengwa het gesê dat die DFFE ná ‘n vergadering met die Hondeklipbaai-koöperasie op 27 Maart “die versoeke wat deur verskeie koöperasies gerig is vir ‘n verhoging in hul lynvisvaartuigtoewysings, sal oorweeg”.
Hy het gesê die departement sal binne twee weke op die koöperasies se bekommernisse reageer.
Volgens die vissers het geen haan nog daarna gekraai nie.