GEMSBOK-UPINGTON: Die provinsiale kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het die afgelope week weer bekelmtoon dat Operasie Shanela steeds selfgeldend is - met meer stewels op die grond vir die bekamping van kontakmisdade, dwelmhandel, GBVF en om die ruimte vir misdadigers te bekamp.
Die verskerpte polisie-operasies wat op Maandag, 29 April 2024 tot Sondag, 05 Mei 2024 begin het, het gelei tot die aankeer en arrestasie van 381 verdagtes vir ‘n reeks oortredings.
Talle polisie-aksies en -aktiwiteite is gedurende hierdie tydperk uitgevoer, wat voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies en opsporingsoperasies deur speurders ingesluit het.
Voertuigkontrolepunte en talle padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 2150 voertuie en 4491 persone voorgekeer en deursoek is.
Nakomingsinspeksies by tweedehandse handelaars, vuurwapenhandelaars, drankpersele, formele en informele besighede, myne sowel as plase is uitgevoer. Drie ongelisensieerde drankwinkels is gesluit.
‘n Aansienlike hoeveelheid patrollies is by winkelkomplekse, winkelsentrums en in brandpunte uitgevoer om polisiesigbaarheid te versterk.
Die verdagtes is aangekeer en gearresteer vir misdade wat wissel van moord, poging tot moord, roof, aanranding, huisbraak, diefstal uit motorvoertuig, handel met opsetlike saakbeskadiging en besit van dwelms, gevaarlike wapens, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, onwettige handel in drank, onwettige immigrante asook oortreding van die Wet op Tweedehandse Goedere.
Speurders in die vyf distrikte het 105 gesoekte verdagtes opgespoor wat die polisie ontduik het terwyl 276 mense vir ander ernstige misdade in hegtenis geneem is.
Ontwrigtende optrede het ook gelei tot die konfiskering van groot volumes alkoholiese drank, dwelms en talle gevaarlike wapens by onwettige sjebiens, sowel as vee en vermoedelik gesteelde eiendom in brandpunt-misdaadgebiede.
Luitenant-generaal Koliswa Otola het haar dankbaarheid en waardering aan die SAPD-lede en eksterne rolspelers en wetstoepassingsagentskappe oorgedra vir hul voortgesette kollektiewe pogings tydens Operasie Shanela.