Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: “Plaaslike” buitelandse sake-eienaars en lede van die Upingtonse gemeenskap, het Maandagoggend na die Upingtonse landdroshof opgeruk om hulle stemme oor die toenemende geweldsmisdaad in die sentrale sakesentrum en omliggende gemeenskappe te laat hoor. 
Gemeenskapslede het hulle ondersteuning aan die buitelandse sake-eienaars, wie hoofsaaklik afkomstig is vanaf Pakistan, tydens die optog getoon.
Dit volg nadat ‘n familielid van die Pakistanse sake-eienaars die afgelope naweek - helder oor dag in die dorp geroof en aangerand is - sonder reaksie of hulp vanaf die publiek. 
Die verdagtes is glo vort met ‘n groot bedrag kontant.

Kort nadat ‘n saak gemaak is by die SAPD - is drie verdagtes vasgetrek.
Die drie verdagtes het ten tye van die optog in die hof verskyn.   
Die geld is glo nooit teruggekry nie.
Hierdie besigheidseienaars is keelvol vir die gevaar wat dwelmverslaafdes, bende-lede, leeglêers en ander rampokkers in die sakesentrum vir ons kliënte en families inhou.
Hulle meen dat hulle ook deel van die gemeenskap is. Hulle lewe,  werk en  maak hulle kinders hier groot - en hulle voel saam met die res van die gemeenskap onveilig.
Daar word daagliks by hulle winkels gesteel of ingebreek. 
“Ons kliënte word voor ons besighede geroof en aangerand. Wanneer die kwaaddoeners wel vasgetrek word, is hulle soms sommer op dieselfde dag weer op vrye voet.” sê Ali Sami, president van die Pakistanse Gemeenskap op Upington.
Daar is verskeie polisie-lede wat uit hul pad gaan om die booswigte vas te trek - maar dan is daar weer diegene wat eerder in die buit deel. 
Ander lede van die gemeenskap sê hulle is saam met die Pakistanse sakelui nou keelvol daarvoor om vir hul lewens te vrees as hulle dorp toe gaan of met hulle inkopies na die taxi-staanplek moet beweeg.
“Jy word om elke hoek en draai deur die kriminele element voorgelê, geroof en geteister. Niemand is meer veilig nie.”
Verskeie gerugte oor ‘n georganiseerde misdaad bende wat die haweloses, straatkinders en kwaaijongens beheer, doen lankal reeds die rondtes.
Hierdie gerugte klink soos ‘n mafia-film, wat hom nou hier in Upington afspeel. 
Herman Espach, eienaar van Rhino Sekuriteit op Upington, het ook sy ondersteuning aan die sakelui getoon.
Sy maatskappy het hulle bystand aan Upington se sakelui beloof.
“Al moet ons hulp van buite inbring, meer wapens, duurder tegnologie of wat dit ookal kos, ons sal nie rus voor Upington weer veilig is nie,” het Espach gesê.
Sy sekuriteitsbeamptes het hulle hande vol met winkeldiewe, inbrekers en rampokkers op straat. 
“Ons gee ons samewerking aan die SAPD in die hoop dat hierdie kriminle element aan die kaak gestel word. Ons spandeer duisende rande aan ons kamera toerusting, wat reeds ingeboude kunsmatige intellegensie sagteware besit, wat ons in staat stel om oortreders uit te ken en vas te trek,” verseker Herman.