Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Is die dramatiese middernagtelike aankondiging  dat die burgemeester en speaker van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en omstreke) en die burgemeester van die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington en omstreke) vervang gaan word,  ‘n erkenning dat daar ‘n munisipale krisis in die provinsie is?
 David Kazi sal glo as die Uitvoerende Burgemeester van Dawid Kruiper Plaaslike Munisipa-liteit ontplooi word, in die plek van die huidige uitvoerende burgemeester, Michael Sigede, wat in die Parlement sal dien. 
Hou Gemsbok gerus dop vir meer hieroor...


In Sol Plaatje Munisipaliteit sal  Dipuo Peters die rol van Speaker opneem, terwyl  Barbara Bartlett as Uitvoe-rende Burgemeester ontplooi sal word. 
  Kagisho Sonyoni, die huidige Uitvoe-rende Burgemeester van Sol Plaatje, sal herontplooi word na die Burgemeesterskomitee in Frances Baard Distriksmunisipaliteit.  
Nomazizi Shwababa, huidige speaker van Sol Plaatje, sal by die Burgemeesterskomitee binne Sol Plaatje Munisipaliteit aansluit.
Dié stap volg nadat Sol Plaatje onlangs van ‘n kategorie 5-munisipaliteit tot kategorie 4 afgegradeer is, asook weens ‘n omvattende ondersoek van die Valke in die Dawid Kruiper-munisipaliteit.  
In Sol Plaatje was die jong Kagisho Sonyoni se aanwysing as burgemeester vanuit die staanspoor omstrede.
Hoewel sy potensiaal nie bevraagteken word nie, verg dit ervaring om burgemeester van so ‘n groot en belang-rike munisipaliteit te wees. Met ‘n voortslepende waterkrisis en infrastruktuur wat verval, het die druk op hom toegeneem. 
 Die keuse van nuwe ampsdraers is byna net so dramaties as die vervangings self.
Martha Bartlett, die  nuwe kandidaat vir burgemeester, is ‘n boorling van Kimberley. Sy het as uitvoe-rende raadslid (provinsiale “minister”) ge- dien, voor sy in 2020 na die Nasionale Vergadering (NV) ontplooi is.
Sy is alombekend vir haar gemoedelike persoonlikheid. 
Die speaker-kandidaat, Dipuo Peters, is bekend as ‘n vuurvreter en sy het al as premier in die Noord-Kaap gedien, sowel as nasionale minister van vervoer en van energie.
Tans is sy adjunk-minister vir kleinsakeontwikkeling. 
Terwyl Peters minister was, was sy egter hoogs omstrede en daar is meer as een keer teen haar opgetree. Sy het byvoorbeeld die direksie van Prasa wat R14 miljard se ongerymdhede ontdek het, afgedank. 
In Dawid Kruiper word die huidige burgemeester, Michael Sigede, na die NV verskuif. Dit is moontlik dat hy vervang word weens ongerymdhede wat die Valke oopgevlek het, sonder dat hy noodwendig aanspreeklik gehou word. Sy plaasvervanger, David Kazi, is nie tans ‘n lid van die raad nie en ook minder bekend in die gemeenskap.
 Intussen is die vraag waarom die LUR vir samewerkende regering, Bentley Vass, nog in sy pos is. Tydens sy termyn het talle munisipaliteite in die provinsie onwettige aanstellings gedoen en het infrastruktuur grootliks in duie gestort.