Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Valke se Prioriteitsmisdaad Spesiale Ondersoek-span en die Batebeslagleggingseenheid in die Noord-Kaap is ‘n finale verbeurdverklaringsbevel teen die voormalige finansiële hoof (HFB) van die departement van paaie en openbare werke, Bradley Slingers (58), toegestaan.
Slingers is by ‘n padblokkade naby Shell Ultra City op die N12 voorgekeer, waar die polisie ‘n groot bedrag kontant in sy voertuig ontdek het.
Ao Nomthandazo Mnisi, provinsiale woord-voerder van die Valke, het gesê dat die verbeurdverklaringsbevel op 7 November in die Noord-Kaapse hooggeregshof toegestaan ​​is, ná Slingers se inhegtenisneming op 16 November 2023.


Sy het bygevoeg dat by deursoeking Slingers met R200 000 in sy besit gevind is, terwyl drie bykomende sakke met ‘n onbekende bedrag kontant ook deur die polisie gevind is.
“‘n Totale bedrag van R679 200 is uit sy voertuig verhaal. By ondervraging kon die beskuldigde nie bewys of ‘n redelike verduideliking verskaf vir die geld wat in sy besit gevind is nie,” het Mnisi gesê.
“Die polisie het beslag gelê op die geld en ’n ondersoekdossier is vir ondersoek geopen.”
Mnisi het opgemerk dat verdere ondersoek na die saak aan die gang is.