GEMSBOK-UPINGTON: Cleantha Koetzee, een van Dawerette Heyns se Modelskool, het vanjaar aan die New York Fashion Week (NYFW) deelgeneem.
Dit is een van die grootste geleenthede in die mo-debedryf, wat twee keer per jaar in Februarie en September gehou word. Ontwerpers van regoor die wêreld wys hul nuutste versamelings en lok modelle, bekendes en mode-entoesiaste van reg oor die wêreld.
"Show your talent" saam met "Runway Models Event" het modelle vir NYFW gekies en Cleantha is een van hulle. NYFW is 'n uitstekende platform om vars talent te ontdek, hierdie geleentheid maak baie deure oop vir modelle.
Tydens “Talent en Pageant America” het Cleantha verskeie titels, medaljes en trofeë gewen en sy is daar gekies vir hierdie lewens veranderde ervaring om by die New York Fashion Week modelwerk te gaan doen.
Sy het in Oktober 2023 in Somerset-Wes aan ‘n kompetisie, “Show your talent”, gaan deelneem en het gekwalifiseer om in 2024 in New York te gaan deelneem aan ‘Talent en Pageant Amerika’
Cleantha Koetzee (16 jr) is al agt jaar deel van die Dawrette Heyns Modelskool. Sy is ‘n leerder van Hoërskool Carlton Van Heerden en doen modelwerk vandat sy 8 jaar oud is.