Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


GEMSBOK-UPINGTON: Die APD Benede Oranje het Saterdag ‘n baie geslaagde Rolstoel Rugbytoernooi by die Kalahari Mall gehou.
Dit was deel van die feesvieringe van APD se 30ste bestaansjaar. Baie ondersteuners en stalletjies langs die bane het die oggend ‘n feestelike geleentheid gemaak.
Agtien (18) spanne uit die dorp het ingeskryf vir die kompetisie. Vanaf Saterdagoggend 09:00 het die spanne dit uitgespook teen mekaar. Die span wat met die trofee weggestap het, was De Jonge Fisios.
Eers het die Mustangs Rolstoelrugbyspan van Bloemfontein ‘n demonstrasie-wedstryd teen mekaar gespeel en die reëls van die spel aan almal verduidelik. Die Rotariërs het kom hand bysit en van hul lede het gedien as skeidsregters

.
Die top 8 spanne was:
1. De Jonge Fisios
2. Marais Ortho
3. APD Buffels
4. Upington Rugbyklub
5. Upington Toyota
6. Volkswagen
7. Lumber City
8. Plastic Packaging
Ander spanne wat die APD ondersteun het in hierdie suksesvolle toernooi was, Kaap Agri, Ford, AWS, APD Rhino’s, Oasis Lions, APD Leopards, Oasis Cheetah’s, Pick ‘n Pay, All Security en NC Movement for Jesus Christ.
APD Benede Oranje is dankbaar teenoor al die borge wat die feesnaweek moontlik gemaak het. Elke persoon wat deelgeneem het, het ‘n prys ontvang.