Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

DOUGLAS: In die stowwerige strate van Douglas, waar die son sy warmte oor die Noord-Kaapse dorp laat straal, het ‘n besondere ster aan die sporthemel opgekom.
 Sy naam is Zane Naymar Lefuthane, ‘n tienjarige seun met ‘n passie vir sport en ‘n onblusbare vuur in sy oë.
Zane, wat van kleins af sporttalent toon, is tans ‘n Graad 5 leerder by Hoërskool Douglas. 
Terwyl hy ‘n Graad 3 leerder was, is hy voorgestel aan ‘n privaatafrigter wat hom assesseer het en in ‘n proefafrigtingstydperk vir daardie jaar geplaas het. 
Dieselfde afrigter het toestemming by Zane se ouers gevra om hom aan sy eerste groot kompetisie in Bloemfontein voor te stel. 
Op diè jonge ouderdom het Zane die top 10 behaal vir beide 60m en 80m. 
Hy is ook as deel van die Noordkaap-span gekies, maar kon nie die uitnodiging aanvaar nie aangesien hy nie in besit was van ‘n permanente ASA-nommer nie. 
Dit was net die begin van die kaalvoet baanbreker se reis.
Zane is baie aktief en is lief vir sport. 
Hy breek sedertdien eeue oue rekords en is sedert sy eerste kompetisie in Bloemfontein elke jaar gekies om sy provinsie te verteenwoordig. 
Hy is nie net ‘n opkomende baanatleet nie, maar toon potensiaal op die rugbyveld en verteenwoordig ook sy provinsie in tennis. 
Hy doen altyd sy beste in elke posisie. 
Zane se ouers Shantelle en Bruce is twee trotse ouers wat alles in hulle vermoë doen om vir Zane die ondersteuning te gee wat hy benodig. 
Hierdie positiewe ondersteuning maak ook ‘n impak in Zane se groei. 
Albei ouers was ook atlete in hul skooljare. Shantelle het 200m, 100m, 80m, verspring gedoen en sy het met die atletiek die skool op distrikvlak verteenwoordig. 
Sy speel nog steeds volleyball vir’n span by die SAPD. Bruce het 200m, 100m, 80m gedoen en sokker gespeel. 
Hy het die skool op provinsiale vlak verteenwoordig. Waar hulle as ouers gestop het by die atletiek, dit gaan Zane mee voortbeweeg. 
“Hy doen altyd sy beste en ons is baie trots op hom, ongeag sy prestasies. 
Zane is nog baie jonk maar dis ‘n groot moontlikheid dat dit sy droom is...soos enige sportsman om eendag sy land, op die baan, tennisbaan of op die veld te verteenwoordig,” noem Zane se ma, Shantelle.
By die Kleure Atletiek 2024 wat 19 jaar lank staan, het Zane die 80m rekord gebreek.

 
Hy het ook ‘n 50 jaar oue 100m rekord gebreek. Hy het tydens Maart 2024 in Limpopo by ‘n atletiek bywoning as ‘n atleet 80m, 12’de skole ASA, 100m, 10’de skole ASA gedoen.
Dié kaalvoetatleet is een van die atlete wat gekies is vir die Laerskool Noord-Kaap Atletiekspan wat die Noord-Kaap gaan verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe. 
Hy is ook deel van die spelers wat deelneem aan die Noord Wes Tennis Toernooi Junie maand in Klerksdorp.
“Ek kan egter in alle eerlikheid sê: Maak nie saak hoe hy op ‘n kompetisiedag voel nie. Zane gee altyd 100% of sy liggaam saam werk of nie. Dit is as gevolg van hierdie toewyding dat Zane se prestasie met elke wedloop tegelyk hoendervleis en trane bring,” vertel sy moeder. “Dit is die mees opwindende gevoel wat jou terselfdertyd opgewonde laat voel. Die hartklop en opgewondenheid is nooit as gevolg van die oorwinning nie, meer oor hoe Zane op die baan lyk, sy styl en tegniek. Daar is altyd ‘n gevoel van bewing wanneer Zane sy wedloop begin. Want hy is altyd die kleinste, indien nie die jongste op die baan op enige gegewe tydstip en om te sien hoe hy opstyg en die baan afskakel en alles waarin hy geleer word, onthou en toepas, is wat dit alles die moeite werd maak...”