Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Met die 2024 ABC Motsepe Liga se nasionale uitspeelrondtes wat die week op Upington plaasvind, is die hele provinsie se oë en hoop vasgenael op die NC Professionals, om die gesogte titel in die provinsie te hou.
Uitspeel wedstryde het reeds Dinsdag begin, met drie titaniese spanne wat in die C groep meeding. (Uitslae was ter perse nog nie beskikbaar nie).
Die gasheer NC Professionals (NC), die Wes-Kaapse kampioen FN Rangers (WK) en die Vrystaatse kampioen Mangaung Unite kom met ‘n skoon rekord in die uitspeelrondtes aan, aangesien hulle hierdie seisoen onoorwonne was in hul onderskeie ligas.
 Die ABC Motsepe-liga se nasionale uitspeelwedstryde word van 17 – 23 Junie 2024 by die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion in Upington gehou.
NC Professionals FC is reeds gekroon as die Noord-Kaap ABC Motsepe Liga kampioene.