Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Verlede week het die eerste krieketspan van Hoërskool Kalahari aan die JARU Sport Akademie se winterweek vir 0/19 spanne deelgeneem.
Kalahari begin die toernooi met heelwat nuwe gesigte in die Arende-span.
Op dag een het Kalahari Hoërskool Wonderboom met 13 lopies geklop.
Leander Smit het goed gekolf met 49 lopies van 73 balle en Yden Agenbag het 5/37 in 9.4 boulbeurte geneem om hom die man van die wedstryd-toekenning te wen.


Op dag twee het Kalahari met 67 lopies teen Hoërskool Driehoek verloor met die Gautengse skolekolwer wat baie moeilike kolftoestande benut het. Kopano Mosienyane het goed geboul en 4 paaltjies vir 27 lopies geneem.
Dag drie het die Kalahari Arende HTS Witbank op die hoofovaal by Hoërskool Rustenburg aangedurf.
Die Kalahari-kolwers het eerste gekolf en ‘n baie mededingende telling van 215/8 in 50 boulbeurte behaal. Myburgh de Klerk 28*, Malan Lubbe 29 en Carl Thole 28 die hoofbydraers met die kolf.
Kalahari het die wedstryd met 125 lopies gewen.
In die laaste wedstryd (T20) van die toernooi speel Kalahari teen HTS John Vorster.
Kalahari kolf eerste en teken ‘n uitstekende 191/5 aan. Shaundee Corner (22), Yden Agenbag (13) en Liam Laing (36) lê die perfekte platform waarna Malan Lubbe die boulers les geleer het met 70* van slegs 26 balle (6 x 4 en 6 x 6)
HTS John Vorster word vir 133 lopies uitgeboul met Myburgh de Klerk wat 3 paaltjies vir 22 lopies laat kantel het.