Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Wat ‘n belewenis! Dit is Willem Nortjé van At Last Apoloozas net buite Upington, se samevatting oor sy deelname aan Tentpegging by die Bricks Spele in Rusland onlangs. 
Willem bars van trots oor die goue medalje in Equestrian Tentpegging wat hy en Norman Mostert van Delmas in Kazan, Rusland verower het.  Dit maak van Willem Nortje en Norman Mostert die twee nommer een ruiters in die wêreld, in die afdeling.
Daarmee ontvang hulle die grootste er-kenning wat nog ooit aan ‘n SA Tentpegging ruiter toegeken is.  Die enigste groter eer wat ‘n ruiter te beurt kan val is, as jy by die Commonwealth of by die Olim-piese Spele, ‘n goue medalje kan verower.
Hulle is vroeër vanjaar opgeneem in die span wat Suid-Afrika op die Bricks Spele in Rusland gaan verteenwoordig het. Dit was die eerste keer ooit wat ‘n Suid-Afrikaanse span genooi is om te gaan deelneem.

Willem sê hy het amper nie aan die SA-kampioenskappe gaan deelneem nie, maar sy vrou, Cherese, het hom aangemoedig om te gaan deelneem. Toe hy daar kom, het hy die hoogste telling vir die SA Meesterskampioenskappe aangeteken. Norman Mostert van Delmas het die tweede hoogste telling aangeteken. Dit is hoekom hulle twee genooi is om na die Bricks-spele te gaan.
Vir Willem was hierdie ondervinding  by die Bricks Spele ‘n “once in a lifetime” belewenis. Nie net omdat dit hulle die eerste keer in Rusland was nie, maar ook omdat hulle kennis gemaak het met sportmense van oral in die wêreld. 
“Ons het teen spanne soos Koeweit, Bellarus, Turkye, Usbekistan, Mongolia, Rusland, Mongolia ensovoorts gespeel. Baie van die deelnemers was baie jonger as ons, maar dit het ons nie gekeer om goud na Suid-Afrika te bring nie.
Die eienaars wie se perd dit was, is baie trots op die feit dat Willem met hul perd gery het. Willem sê wat uitdagend is, is die feit dat jy nie met jou eie perd daar ry nie. Die land wat die spele aanbied, het ‘n poel perde waaruit jy een perd moet trek. Die ruiter kry dan ses oefenlopies of ‘n uur om met die perd te ry, voor die kompetisie. Hy het no 35, Naisberry getrek en het haar Blueberry herdoop omdat sy ‘n skimmelperd is.
Willem is baie trots op hierdie groot eer wat hom te beurt geval het. “As perderuiter oefen jy jare lank om dit te bereik. Dit is die toppunt van my  perderuiterloopbaan. Ek dink nie in my leeftyd sal ek ooit weer iets kan bereik nie.” 
Willem is ‘n bekende in die perdrykringe. Hy is die eienaar van At Last Apoloozas net buite Upington. Hy neem al van 1995 af professioneel deel aan tentpegging en sedert 2010 het hy in Upington begin met professionele afrigting in verskillende perde dissiplines.
In die laaste jaar het At Last Apoloozas Stoet onder andere die volgende titels gewen: Die beste Western stoet is SA, Willem en sy merrie At Last Fire Storm, was ook die  “best ridden horserider combination” in Western, asook die “suppreme champion vir Western halter stock mares”.  
Hy ry vandat hy onthou perd, het op die plaas leer perdry, skaap en bees gewerk. Toe hy in Blouputs geboer het, het hy saam met die Van Niekerks van Augrabies geleer om tentpegging as ‘n sport te beoefen. Daarna het hy professioneel begin ry. Gedurende sy kinders se grootwordjare, het hy omtrent 20 jaar opgehou om self deel te neem en weer in 2022 besluit om sy droom na te jaag om Springbokkleure te kry. Wys jou net, dis nooit te laat om jou droom na te jaag nie.