Die eerste jaarlikse Mokoena Foundation Sokkerkampioenskap het die afgelope naweek op Upington plaasgevind.
Ter viering van Jeugdag het organiseerders, Reginald Tefo Mokoena, Romario Sigeni en German Jacobs verskeie skole in Upington genader om aan die eerste Mokoena Foundation Sokkerkampioenskap deel te neem.
Die skole wat deelgeneem het was AJ Ferreira, Paballelo Hoërskool, Carlton van Heerden, Saul Damon en SC Kearns.
Die Hoërskool Paballelo het as kampioene uit die stryd getree.
Jonathan Marsala is as man van die toernooi gekies en is beslis ‘n midfielder om dop te hou.
Die doelwagter van die toernooi was Thapelo Lebaea - nog ‘n ster wat baie helder gaan skyn!Op die foto is organiseerders
Reginald Tefo Mokoena (stigter), Romario Sigeni (voorsitter van
Upington Safety Patrol) en German Jacobs (ook Upington Safety Patrol).Enige persone wat by die nuwe jaarlikse toernooi wil betrokke raak kan met Reginald skakel by 072 081 5578 of Romario by 078 430 7341.