Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Musiekliefhebbers kan uitsien na ‘n musikale produksie vroeg in April met die Holland’s Got Talent-wenner Amira Willighagen as die trekpleister.
Dié Music Go Round-konsert word opgevoer ter viering van Amira se 21ste verjaardag asook die tiende herdenking van Gelukskinders, ‘n stigting wat sy op die been gebring het om ‘n verskil in kinders se lewe te maak.