Die Hervormde Kerk Klerksdorp-Suid het in Januarie sy 42ste bestaansjaar gevier. Die kerk het ‘n nuwe predikant beroep nadat ds Douw Grobler dienste waargeneem het. Ds Joseph Steyn het op 26 Januarie sy intreepreek gelewer. Hy, sy vrou Rosa-Marie en hul vier kinders, Christi, Magdaleen, Joseph jr en Rozelle is heel ingeburger in Klerksdorp.