Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die VF Plus het vandeesweek kruideniersware en hulpmiddels ter waarde van R100 000 aan die Triest-opleidingsentrum vir intellektueel gestremde volwassenes in Klerksdorp oorhandig.
Die VF Plus het hierdie skenking met die Taiwannese regering bemiddel. Dit vorm deel van ʼn inisiatief wat die party geloods het om private instansies wat maatskaplike dienste lewer, by te staan.