Hans en Lydia Lindeque het op 19 Desember hul 60ste huweliksherdenking gevier. Die egpaar is inwoners van Klerksdorp Tehuis vir Bejaardes waar Hans daarvan hou om in die tuin te werk. Lydia sê hulle is nog geseend met goeie gesondheid en sy dank elke dag die Here dat sy haar beste vriend aan haar sy het.