Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Sowat 17 miljoen Suid-Afrikaners sal binnekort gedwing word om hul groen strepieskode-ID-boeke vir slim ID-kaarte te verruil wanneer die boekies ongeldig word.

Na meer as ‘n dekade sedert die bekendstelling van die slim ID-kaart, het die Departement van Binnelandse Sake planne aangekondig om weg te doen met die groen strepieskode ID-boek. Die slim ID-kaart is in 2013 ontplooi, en meer as 21 miljoen is sedertdien aan burgers uitgereik.

 

Read more …Groen ID boek se dae is getel

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het 15 Julie aangekondig as die begin van die indieningseisoen vir voorlopige en nie-voorlopige belastingbetalers wat ‘n belastingopgawe moet indien.

Outo-aanslae vir ‘n uitgebreide poel belastingbetalers sal van 1 tot 14 Julie duur. Belastingbetalers wie se kontakbesonderhede, insluitend ‘n e-posadres en selfoonnommer, sowel as bankbesonderhede, verander het, moet hierdie besonderhede op eFiling of die SARS MobiApp bywerk. Die opdatering van hierdie inligting help om bedrog en identiteitsdiefstal te voorkom.

Read more …Belastingseisoen is hier

Klerksdorp Rekord, Klerksorp - Die Tafelaars van Matlosana is ‘n groep jongmanne met durf en hulle wil ‘n verskil in die gemeenskap maak.

Volgens Jan-Albert de Kock, skakelbeampte, het die groep vier weke gelede ‘n tien week lange sopprojek begin met die winter wat byt. Hulle besoek elke Donderdag die inwoners van Uitkomsdal tussen Orkney en Klerksdorp en het onderneem om binne tien weke ‘n verskil in dié gemeenskap te maak.

 

Read more …Tafelronde maak verskil in gemeenskap

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hierdie naweek kan Klerksdorpers uitsien na ‘n heerlike wintermark met lekker markkos, snuffelstalletjies en iets om die kleingoed mee besig te hou.

Ons Mark word by Sunset Dreams aangebied wat sowat 23 km op die Ventersdorppad (R30) buite Klerksdorp geleë is. Toegang is R20 per persoon (kinders o/2 gratis) en dit skop af om 09:30 op Saterdag 29 Junie en duur tot 15:00. Die mark duur Sondag tot 14:00.

 

 

 

Read more …Wintermark vir die fynproewer

More Articles …