Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Matrikulante maak gereed om vanaf 30 Oktober vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen te sit.

Volgens die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal meer as 723 000 kandidate vanjaar se eksamen in 6 800 sentrums landwyd aflê. Dié eksamen, wat tydens die eerste week van Desember tot ʼn einde loop, verteenwoordig nie net ʼn belangrike skolastiese assesseringstydperk nie, maar ook ʼn tyd van verhoogde emosie en angs vir leerders, aldus dr Chris-Mari Le Hanie, ’n dosent by die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia.

Sy sê dit is belangrik dat ouers, voogde, versorgers en die gemeenskap ʼn laer trek rondom die leerlinge ter ondersteuning van die eindeksamen. Goeie voorbereiding speel natuurlik ook ‘n belangrike rol.

Read more …Sterkte, Matrieks 2023

Klerksdorp Record, Klerksdorp - The new Mrs Royal Star Africa is La Hoff resident Koketso Penny Moemi-Makau.

The competition is at international level, for which South Africa was the host country for 2023.
 
As Mrs Royal Star Africa she will be representing the continent against other countries in March 2024. “I entered this as a reminder to myself and other married women that it’s never too late to revisit your dreams and turn them into reality. It was also important that I get the crown, as a pageant boss myself it serves as a reminder to my models that they can achieve anything they set their minds to,’’ she said. 

There were entries from all over South Africa, and various categories were represented including babies, teens, Miss, Ms and Mrs categories were included. “I am thrilled to have won, this comes after I was selected as a finalist for Mrs South Africa in 2019. I am pleased to represent my beautiful town of Klerksdorp and will use this platform to fight against period poverty in surrounding townships.’’

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Is jy gereed vir ‘n komiese vermenging van vreugde en tragedie wat jou lag tot in die kern gaan kielie?

Maak gereed om Lizz Meiring se “Van die rak af” se kragtige, tog humoristiese vertoning te beleef. Dit is ‘n vertoning wat jy nie wil misloop nie.

Die VLU Prismatak bied die vertoning op 18 November om 11:00 in die Herlewingsentrum, Connielaan, Adamayview aan. Die vertoning het ‘n ouderdomsbeperking van 14 jaar.

Die kaartjies is beskikbaar by Die Wolwinkel in Buffelsdoornweg. Die kaartjies kos R150 elk.

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die 1973-matriekklas van Hoërskool Schoonspruit het die afgelope naweek reünie gehou.

Die groep het almal saam in die skoolsaal gekuier. ”Ons was 35 matrieks teenwoordig en sowat tagtig mense altesaam. Ons het alreeds dertig matrieks verloor,” het Johnny Nel gesê wat dit ook bygewoon het. Die jaargroep het 109 matrieks gehad.

Die groep het die terrein verken, huldeblyke is gedoen vir die afgestorwe hoofmeisie (Nellie Barnard) en hoofseun (Adolf Prinsloo), en ballonne is losgelaat vir almal wat reeds oorlede is.

Die groep het daarna heerlik gekuier en tot laat gedans.

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dansers van Klerksdorp het die afgelope naweek aan die nasionale danssport kampioenskap in Randburg deelgeneem. Tien dansers verbonde aan Roots Dance Studio is gekies vir die Proteaspan wat volgende jaar in Engeland gaan deelneem.

Daar is verskillende afdelings waarin die atlete deelgeneem het. ‘n Belowende jong danser, Zaid Bekker is een van die top 8 o/15-dansers wat vir die All Star Team SA gekies is vir sy solo. Nog dansers wat in verskillende ouderdomsgroepe en danse deelgeneem het en in die All Star Team SA ingesluit is, is Bianca Kotze, Ruzanne Oosthuizen, Tarien Duminy, Shaelyn Coward, Amoné Harmse, Elhandri Potgieter, Mické Seider, Janke Prinsloo en Cherezé Bekker.

Read more …Roots dansers maak geskiedenis

More Articles …