Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp Skoonmaakaksie is op Donderdae stadig maar seker besig om die stad op te ruim. Motoriste moes al van die werkers gesien het wat vuilgoed optel en strate skoonmaak en hopies swartsakke vol vullis op die sypaadjies los.

Die projek, onder leiding van Joey van der Walt, het in April begin en eerskomende Donderdag 12 September sal hul 21ste aksie wees.

“Ek het gesien hoe mense ‘n sopkombuis bestuur en sop en broodjies gratis aan behoeftiges uitdeel. Toe het ek gedink die mense kan nie net ontvang nie - hulle moet werk vir daardie sop en broodjie,” sê sy.

 

Read more …Werk vir sop en ’n broodjie

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Plaaslike elektrisiën wat die afgelope sowat ses dekades in die stad werksaam was, is verlede week oorlede.

Fanie Rossouw (86) is op Vrydag 6 September in M-Care in Potchefstroom oorlede. Volgens sy seun, Cobus, was sy pa amptelik ‘n pensioenaris, maar het hy nog gewerk tot sy 77ste verjaardag! 

“Hy het vir Torben’s Electrical gewerk en was baie geliefd onder Klerksdorpers. Mense het vir hom gevra om hul werk te doen. Hy het huise bedraad,” vertel hy.

“Dit was so onverwags. My pa was nog so gesond en sterk. Dit was ‘n groot skok. Hy was ‘n opregte, eerlike en standvastige man. Ons is sewe kinders en hy was baie na aan sy kinders. Ek weet nie hoe  ek sonder hom oor die weg gaan kom nie,” vertel Cobus emosioneel.

Fanie het ook 11 kleinkinders gehad. Sy vrou is 47 jaar gelede oorlede.

Sy begrafnisdiens vind om 11:00 op Vrydag 13 September by die Christelike Vereniging in Roosheuwel plaas.

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die moordverhoor van Frikkie Jansen van Rensburg is die week in die Klerksdorp Streekhof aan die gang.

Hy word daarvan verdink dat hy die dood veroorsaak het van Wayne van Zyl wat in die vroeë oggendure van 27 November 2022 dood is in die parkeerterrein van Tipsy Cow, ‘n plaaslike kroeg wat na die voorval sy deure gesluit het. Hy het gesterf weens bloeding op die brein.

 

 

Read more …Kroegmoord: Broer getuig hulle het uitsmyters getart

Klerksdorp Record, Kanana - Two Lesotho citizens were sentenced last week for shooting and killing a Zama Zama runner in Kanana and being in possession of explosives.

Theko Ernest Mofololo Makaka (36) and Thuso Nhlapo (28) were arrested early last year, a few months after the murder of Molifi Moshounyana (34) at Z Section near a tavern in November 2022. He was supplying food to illegal miners working underground.

 

Read more …Life behind bars for Lesotho hitman

More Articles …