Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Record, Klerksdorp – Executive Mayor Cllr James Tsolela has resigned.

The Matlosana Council accepted his resignation on Tuesday June 25 during a special council meeting to adopt the budget. The Acting Municipal Manager, Baganne Choche, has been mandated to declare the vacancy of the Executive Mayor in Council in terms of the Electoral Regulations and the Municipal Structures Act, 117 of 1998 and inform the Independent Electoral Commission (IEC) in writing. 

 

Read more …Matlosana mayor resigns

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp – Moet nie dink dit is veilig in die middestad nie, want dit is glad nie.

Só waarsku Chantal Grib, ‘n plaaslike pastoor, nadat sy en haar gesin nou onlangs slagoffers was van grypdiewe nadat hulle Binnelandse Sake in OR Tambostraat besoek het. 

“Kyk, ons het geweet dit is gevaarlik daar, maar ons moes gaan vir my tienerdogter se identiteitsdokument. Ek het al die regte goed gedoen, ‘n afspraak gemaak sodat ons nie in die ry moet staan nie, niks waardevols saam met ons gevat nie en my man het ons vergesel,’’ vertel sy.

 

Read more …Veiligheid in middestad in die kollig

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp – Vrywilligers betrokke by Mosterdsaad Gemeenskapshulp het die afgelope paar weke moue opgerol en self aan die werk gespring om slaggate in Wilkoppies en La Hoff te vul.

Die groep van ses vrywilligers is almal werkloos en kry kospakkies by Mosterdsaad. Die liefdadigheidsorganisasie voorsien kospakkies aan 750 gesinne per week. Maggie van Zuydam wat aan hoof van die organisasie staan sê die gesinne het nie ‘n broodwinner nie en is permanent van Mosterdsaad afhanklik vir kos.

Read more …Werkloses rol moue op om slaggate te herstel

Klerksdorp Rekord, Orkney – Die jong kankerlyer waaroor Klerksdorp Rekord onlangs berig het, is vol moed dat hy die siekte sal oorwin. 

Chris Grobler (11) se tweelingsussie, Chinel is ‘n geskikte beenmurgskenker vir hom, maar hy moet eers in remissie wees voor die oorplanting kan plaasvind. 

Die tweeling is in Laerskool Saamtrek en spandeer die skoolvakansie of op hul fietse, besig om videospeletjies te speel of om met die boerboel te speel. 

Hulle vier hul 12de verjaardag einde Julie. 

 

 

Read more …Kankerlyer wil siekte oorwin

More Articles …