Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Willem Coetzee (73) is Maandagoggend 11 Maart dood weens sy beserings wat hy in ‘n botsing tien dae vantevore opgedoen het.
Volgens sy seun, Willem jr, wat die motor bestuur het, was sy pa nie weer by sy volle bewussyn nie, omdat hy verdoof is weens die aard van sy beserings. Hy het sy nek op twee plekke gebreek en dokters het gevrees dat enige beweging verdere skade sou veroorsaak.