Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Die oordbestuurder van Klub Louico is Sondagmiddag dood in ‘n fratsongeluk by sy huis op die oord.
Rudi Fourie (32) was besig om sonpanele op sy huis se dak te installeer toe hy aan ‘n lewendige kragkabel raak.
Volgens Johan Swanepoel, ‘n familielid, het die man wat saam met hom gewerk het op die grond gestaan terwyl Rudi op die dak besig was. “Hy het agtergekom daar is fout terwyl Rudi kabels probeer koppel het. Ons dink hy het nie geweet die elektrisiteit is nie afgeskakel nie.’’