Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Salmon Vermaak is dalk vroeër die week onskuldig bevind en vrygespreek op aanklag van moord, maar die sielkundige letsels van die amper sewe jaar lange ‘’heksejag’’ teen hom, sal nie uitgewis kan word nie.
Hy beskryf homself as ‘n “gebreekte mens’’. “Ek is verbitter oor wat gebeur het. Vir 34 jaar het ek my gewig agter reg en geregtigheid gegooi. ‘n Goeie polisieman gewees. Net om in die rug gesteek te word oor ek nie onder eed wou lieg en senior polisielede beskerm nie.’’
Sake hoop op teen stad se finansiële hoof
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die munisipaliteit se finansiële hoof is weer in die spervuur oor betalings aan ‘n kontrakteur wat paraffien verskaf en aflewer.
Die DA se Johannes le Grange het op Maandag 9 September ‘n klagte van bedrog en korrupsie teen Mercy Phetla by die Valke gelê. Volgens rdl Le Grange is dit weer oor betalings aan dieselfde maatskappy waarvoor sy van korrupsie aangekla is.
Father in court for killing his son
Klerksdorp Record, Stilfontein - A 30-year-old father was charged with the murder of his two-year-old son.
Lerato Thobatsi appeared in the Stilfontein Magistrates’ Court for allegedly poisoning his children, aged two and eight years old. The toddler died in hospital. Lt-Col Amanda Funani, police spokesperson, said the father also ingested some of the poison.
“He was arrested on Thursday September 5, after being released from hospital. The eight-year-old child was not affected as he did not swallow what the father gave him.’’
Verhoor uitgestel na lykskouer getuig
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die verhoor in Klerksdorp Streekhof waarin Frikkie Jansen van Rensburg tereg staan op moord, is uitgestel.
Die verhoor sal weer op 29 Oktober hervat.
Hy word daarvan verdink dat hy die dood veroorsaak het van Wayne van Zyl wat in die vroeë oggendure van 27 November 2022 dood is in die parkeerterrein van Tipsy Cow, ‘n plaaslike kroeg wat na die voorval sy deure gesluit het.
Missing woman found murdered
Klerksdorp Record, Potchefstroom - Nomsa Jas was murdered after she was taken.
The bright young woman disappeared on August 25 after she knocked off from work at the Dischem at Mooiriver Mall. This past Sunday September 8 her family’s worst fears came true when her body was found near Carletonville. Shortly after Jas was reported missing, police found her abandoned vehicle at a mall in Daveyton.
North West police confirmed that a Mozambican man was arrested and charged with the murder of the 26-year-old woman. According to Lt Col Amanda Funani, police spokesperson, a joint operation between the North West and Gauteng police led them to the 29-year-old suspect.










