Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Schoonspruit het op Donderdag 7 Augustus hul Braveheart-tradisie voortgesit.
Dit is ‘n fondsinsamelingsprojek wat al sedert 2014 deur die skool aangebied word om fondse vir behoeftige leerlinge in te samel.
Vanjaar poog die skool om R90 000 in te samel (leerlinge het kans tot die einde Augustus) en die skool staan alreeds op R50 000.
Sowat 142 leerlinge het vanjaar die ysige water aangedurf!
Schoonies hou revue
Hoërskool Schoonspruit word 70 hierdie jaar en deel van die viering is ‘n revue wat groot opgewondenheid by die skool veroorsaak. Die eerste vertoning was ‘n spesiale konsert vir die stad se senior burgers en is op Woensdagmiddag 30 Julie by AGS gemeente aangebied. Dit was ‘n skouspel van kleur en klank en het die wintersdag omtrent opgevrolik vir die gehoor.
KHS moet sokkies optrek in rugbyliga
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS staan die gevaar om hul plek in die Noordvaal-liga se plaatafdeling te verloor.
Met nog net ‘n handvol wedstryde oor, is KHS tweede laaste op die algehele punteleer in die liga na ‘n beroerde vertoning op die rugbyveld die afgelope naweek in Ermelo. Die eerstespan se vlag wapper nog sterk met ‘n stewige wen teen Ligbron Akademie (46-31). Die o/16A-span en o/14B-span het ook gewen met die ander spanne wat treurig gevaar het.
Saamtrek trots op wenspan
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die o/13A-rugbyspan van Laerskool Saamtrek het geskiedenis gemaak deur die eerste span in die skool se geskiedenis te wees wat sedert hul o/10-jaar nog nie een ligawedstryd verloor het nie.
Dié span het ook nie een Super 12 wedstryd verloor nie. Hulle is elke jaar aangewys as Super 12 en Luiperdswenners.
Meisies slaan 'n kishou
KHS se eerste meisies tennisspan het geskiedenis gemaak en as wenners uitgetree in die Dr KK distrik waar al die top Klerksdorp en Potchefstroom skole deelneem. Die span is Mayamiko Mwale, Jaydene Kenny, Mienke Engelbrecht en Mikke Jooste.