NOORDWESTER – COLIGNY - Hoërskool Coligny is ‘n klein, plattelandse skool met 319 leerders en 28 personeellede. Die skool het eers net bestaan uit die westelike vleuel van die huidige vierkant wat in 1924 voltooi is met Mnr PS Coetzer aan stuur as die hoof tot 1947. Daarna het Mnr JC Geertsema die leisels oorgeneem, Ten tyde van die stigting van die skool het standerd 6 nog ‘n publieke eksamen afgelê. In 1926 het Coligny se skool maar vyf personeellede gehad. Na talle pogings om ‘n hoërskool te kry misluk het, was daar eindelik sukses en die eerste vier leerlinge kon die std. 7 Junior sertifikaat eksamen in 1934 aflê.
Die hoeksteen van die saal is in 1959 onthul deur die destydse Direkteur van Onderwys, Dr. AH du Preez. In 1960, met Dr. Phil Smith as hoof, het die skool std. 9 en 10 bygekry, en die eerste groep kon in 1961 matrikuleer.
Die skool het in 1968 as slegs ‘n hoërskool ontstaan toe die laer- en hoërskool amptelik geskei is. Oor die jare heen het die skool suksesstories van hul leerders gesien en vir talle jare in ‘n ry spog Coligny met goeie slaagsyfers en prestasies.
Veediewe kry bloedneus
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg SAPS en die Gemeenskap in Blou het veediewe die afgelope naweek ‘n bloedneus gegee. Vrydag (22 September) is drie mans en ‘n vrou in besit van ses Bonsmarabeeste gevind. Daar is vasgestel dat die beeste in Mahikeng se gebied gesteel is. Die vier is onmiddellik in hegtenis geneem vir veediefstal.
Sondag het Lichtenburg SAPD weer ‘n deurbraak gemaak toe vier mans in besit van 44 skape gevind is. Kolonel Johannes Bekeer, plaaslike stasiebevelvoerder, bedank die skof wat die vier berugte veediewe aangekeer het.
4-WAYS Shell Arrive Alive Awareness Campaign
NOORDWESTER – LICHTENBURG - The Lichtenburg SAPS Crime Prevention Office and Crime Prevention Youth Desk representatives took part in an awareness campaign hosted by Thusanang Trauma Centre at 4-Ways Shell in Lichtenburg.
Various stakeholders including Fire Department, Home Affairs, Ditsobotla Local Municipality Traffic, Social Development, Department of Education, Men’s Sector and Office of The Mayor became part of this arrive alive awareness campaign. The campaign had a twist; a career exhibition for the learners that were present.