Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

deur Julian Jansen
Uitgegee deur NB Uitgewers
 
In ’n Wes-Kaapse plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel se nagedagtenis te eer. Die boek is ook beskikbaar in Engels.

deur Jaco Wolmarans
Uitgegee deur NB Uitgewers
 
Jaco Wolmarans is terug met aksie, spanning en intrige. Dit is 1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele. Die kandidaat: Ruth Heyns, doktorsgraadstudent in Tel Aviv. Maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toenemende agterdog van die Lugmag-liaison, kolonel Leon Rutger. Donkermaan is die eerste roman in ‘n tweeluik, maar is ook ‘n selfstandige verhaal. Die opvolg, Sekelmaan, verskyn einde Augustus.

Lesersindruk deur Salomé Kotzé
Wilde vere deur Hendie Grobbelaar 
Uitgegee deur Lapa Uitgewers
 
Uit die staanspoor hou jy van Pop. Sy word aan die leser voorgestel as ‘n raakvatter vrou wat altyd eers aan almal dink, voor sy aan haarself dink. Ons almal ken ‘n Pop. Haar man dobbel sy pensioen uit en haar seun kom met ‘n swanger vrou uit Engeland terug. Almal bly saam op ‘n kleinhoewe iewers in die Vuildriehoek waar Pop die pot aan die kook moet hou. Sy is glad nie ‘n poppie nie. Inteendeel, sy is ‘n mechanic. Dan is daar nog hoenders ook. Een spesifieke hoenderhen, Maria Magdalena raak ‘n karakter in die boek en om dinge uit ‘n hoender se perspektief te sien ontvou, is inderdaad vreemd.
Read more …Lesersindruk: Saam die hoenders in

Lesersindruk deur Salomé Kotzé
Die Binnerym van Bloed deur Antjie Krog 
Uitgegee deur NB Uitgewers
 
Hierdie boek het nou ‘n ereplek op my boekrak. Om ten minste een keer ‘n jaar afgestof en weer gelees te word, want ek het lanklaas ‘n boek so geniet. Die digter Antjie Krog keer in die boek terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaat en haar grootwordplaas is soos sy en haar ma, die skrywer Dot Serfontein, ook hoofkarakters in die boek. Dit is haar tuiste; ook haar ma s’n. Elkeen met sy eie onthou wat deur middel van briewe en dagboekinskrywings ook die leser se onthou word.
Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp. Ek het soms lekker gegiggel oor haar uitstekende beskrywings.
Read more …Lesersindruk: Bloed is dikker as water

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die masker is af en die ware Petro Kotze-Odendaal is nou vry. Weg is die langhaar meisiekind wat bang is vir haar dronk pa, kwaad is vir haar ma en skaam kry oor hul armoede. Haar boek, Wanneer die Krieke Stil Word, is pas deur Naledi Uitgewers uitgegee. Sonder doekies omdraai skryf Petro oor haar grootwordjare op die myndorp. Waar sy mens geword het en ook waar sy haar man en die pa van haar seun ontmoet het. Die titel van die boek is juis verleen aan die vreesaanjaende angs wat sy ervaar het as sy in die nag moes vlug voor haar eggenoot wat hoog op dwelms gedreig het om haar dood te maak.

Read more …Op die boekrak: Pastoor Petro skryf haarself vry

More Articles …