Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die eerste Pick n Pay stalletjiemark vir die jaar vind op 25 Januarie plaas en die organiseerders beplan om die nuwe jaar op ‘n hoë noot te begin. Een van die hoogtepunte van die mark is die gewilde jaarlikse kolwyntjie versier kompetisie vir kinders wat om 10:00 begin. Die drie afdelings waarin deelgeneem kan word, is 4 tot 6 jaar, 7 tot 9 jaar en 10 tot 13 jaar.
Koop geskenke by Wyn Tyn
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp – Kersfees is om die draai en mense koop geskenke. Die Wyn Tyn Kersmark vind op Saterdag 14 Desember plaas en dit is ‘n dag uit die gewoel. Volgens die organiseerders kan mense vars vleis, leerprodukte, pragtige plante en verskeie handgemaakte produkte en Kersdekor verwag. Hondjies aan halsbande kan kom saamkuier en Meraldi sal optree.
Op die boekrak: Skrywer vertel van haar eie droomman
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Elize Davies en haar man het skaars drie maande uitgegaan voor hulle getroud is. “Terugskouend sou ek dalk maar eerder vier of vyf maande gewag het,” lag sy vanwaar sy agter haar rekenaarskerm in Skotland sit. Vir dié gesoute liefdesverhaalskrywer is ’n droomman “iemand wat omgee en begrip het vir ’n vrou”
Op die boekrak: My top 10 boeke vir 2024
deur Salomé Kotze
Ek het ‘n bietjie meer as 50 boeke hierdie jaar gelees, maar die jaar is nog lank nie verby nie en daar lê ‘n lekker hopie leesstof vir my en wag die vakansie. Hierdie boeke is nie in rangorde gerangskik nie. Geniet jou Kersfees en ek hoop daar is ‘n boek of twee in jou Kerskous.
Christmas relief for SRD recipients
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Recipients of the SRD grant can breathe a sigh of relief as they will be paid before Christmas this year. The grant is generally paid every month from the 25th onward. The SRD grant will be processed from December 17 to 23. Sassa has confirmed when it will pay recipients in December and January.