Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die VF Plus is bekommerd oor die massiewe opeenhoping van onopgeëiste lyke in staatslykshuise regdeur die land wat groot druk op die bestaande geriewe plaas. Hierdie opeenhoping staan tans op 3 186 in die sowat 130 staatslykshuise landwyd. KwaZulu-Natal met 1 527 en die Oos-Kaap met 526 blyk die grootste probleemgebiede te wees.
Stalletjiemark soek Klerksdorp se talent
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Daar is soveel talent in Klerksdorp en dit is waarom die organiseerder van die Pick n Pay stalletjiemark die maand ‘n Klerksdorp-Het-Talent-kompetisie aanbied. Dit sal op 26 Oktober in die parkeerruimte by die hipermark plaasvind. Hulle nooi almal wat mooi kan sing of enige musiekinstrument kan speel of ‘n spesiale talent in dans of enigiets besonders het, om hul talent te kom deel. Inskrywings kos slegs R50.
Loufi op die verhoog
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp Rotaract bied binnekort ‘n opwindende fondsinsamelingsgeleentheid in die stad aan. Die gewilde Suid-Afrikaanse hip-hop-kunstenaar, Loufi, kom na Klerksdorp ter ondersteuning van die Orkney Animal Shelter en Rotaract se gemeenskapsprojekte. Die geleentheid vind op 18 Oktober in die Portugese saal plaas. Kaartjies kos R250 elk en is beskikbaar by Webtickets en Pick n Pay. Hierdie geleentheid sal ‘n lewendige optrede deur Loufi bevat, asook spesiale gasoptredes deur Rikus Strauss en Replay Dance Centre. Moet dit nie mis nie.
Photography exhibition in Potch
Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - A photography exhibition with some of the best photographs taken under the banner of the Photographic Society of South African (PSSA) opens in Potch this week. The PSSA print exhibition will be displayed at the Snowflake venue (gallery) October 9-22. The exhibition will open on Wednesday October 9 at 18:00.
Seasons at the Conservatory
Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Get ready for a musical journey that will stir your soul and enchant your senses as Trio Joie de Vivre presents “Seasons” - a chamber music exploration of life’s phases. On Tuesday October 8, pianist Catrien Wentink, flutist André Oosthuizen, and bassoonist Liesl van der Merwe will lead you through a profound and emotional experience, each season of life represented by a unique and evocative musical composition.