Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Thinus Theunissen, ’n voormalige werknemer van ’n slaghuis in Klerksdorp, het tussen 2018 en 2019 beeste van verskeie boere van Klerksdorp, Potchefstroom, Hartbeesfontein en Ventersdorp na vendusiekrale geneem om dit glo namens hulle te verkoop.
Hy het egter die geld in sy sak gesteek. Die boere het weens Theunissen se optrede ’n totale verlies van R3 miljoen gely.