Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Volgende week het ‘n jaar verloop sedert die botsing waarin vier jongmense gesterf het.
Om die dag te herdenk, beplan familie en vriende ‘n stoet bestaande uit motors en motorfietse wat Maandagaand 13 Oktober dieselfde roete sal ry as die doodsrit van Ruan Esterhuizen, Jackie Willis, Max Knott-Craig en Jané Janse van Rensburg.
Diegene wat aan die stoet wil deelneem moet teen 18:00 by Matlosana Mall se parkeerarea bymekaar kom vanwaar hulle om 18:30 sal vertrek na die kruising waar die botsing plaasgevind het.














