Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die twee Klerksdorpers wat amper ‘n maand gelede spoorloos verdwyn het, is terug in die stad en bevind hulle agter tralies.
Christiaan van Blerk (34) and Donovan van der Walt (25) het op 14 Julie verdwyn en nadat landwyd na hulle gesoek is, het die polisie die twee in Kempton Park opgespoor. Daar is aanvanklik gemene spel vermoed, maar soos die ondersoek gevorder het, het dit geblyk die twee mans sit self agter hul verdwyning.