Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die onlangse voorval waar ‘n vermeende dief doodgeskiet is toe hy probeer het om ‘n jetski te steel, het baie vrae laat ontstaan oor die regsaspekte van die saak.
Die AfriForum-buurtwag in Songloed het op 21 Augustus ’n opleidingsgeleentheid oor regsaspekte vir die plaaslike gemeenskap aangebied. Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risiko-bestuurder het die opleiding aangebied. Die opleiding was gebaseer op die vrae: “Wanneer mag ek skiet?” en “Ek het geskiet, wat nou?”














