27 Junie 2025 - Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Inwoners van Adamayview het Woensdagoggend 25 Junie sonder elektrisiteit wakker geword.
Die oorsaak is glo die substasie by Laerskool Goudkop wat die vorige aand gevandaliseer is.
Rdl Inge Wilken het inwoners op die Wyk 39-Whatsapp-groep in kennis gestel van die voorval en die skool bedank vir sy vinnige optrede.
Abrie Cloete, adjunkhoof, het aan Klerksdorp Rekord gesê dat CSS Sekuriteit hom om 22:56 van ‘n probleem by die skool in kennis gestel het.