20 Junie 2025 - Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Derduisende rand se lekkergoed is verlede week uit ‘n motor gesteel wat oornag by ‘n plaaslike gastehuis geparkeer was.
Die luikrug van die gehuurde Toyota Yaris waarmee Chris Basson Maandagaand 9 Junie in Klerksdorp aangekom het, was tot teen die dak gepak met bokse en bottels lekkergoed.