Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Kriel’s Dojo Seiwa-Kai het Noordwes verteenwoordig by die Karate SA Ontwikkelingsliga wat op Saterdag 18 Oktober in Johannesburg plaasgevind het. Jordan Barnard, Jan Kleynhans, Petrus Kriel (sensei), Marius Niemand, Amonique Barnard (silwer kumite), Waldo Barnard (goud kumite), Jadin Kriel (goud kumite), Marnu Harmse (brons kumite) en Maruné Kleynhans (silwer kumite) het uitgeblink.

 

 

 

Junior spelers van NW jukskei het op Saterdag 18 Oktober deelgeneem aan die Gauteng Junior Ope wat in Boksburg plaasgevind het. Drie spelers van Klerksdorp se Hak-en-steek jukskeiklub is met ‘n keuringsproses gekies om die provinsie te verteenwoordig, Adeline Beukes (o13A van Laerskool Meiringspark), Dylan Prinsloo (o19B van Hoërskool Schoonspruit), en Mckayla van der Westhuizen (o19A van KHS), het hulle puik van hul taak gekwyt. Enigeen wat belangstel om aan die sport te wil deelneem, kan Jan van der Westhuizen by 079 910 2581 skakel.

 

 

 

 

‘n Groep Parkrunners het op Saterdag 18 Oktober die 5 km by die Matlosana Bird parkrun voltooi en daarmee hul steun gegee aan diegene wat moet herstel na kanker. Klerksdorp Rekord-personeellede Danie Jacobs, Jo-anne Willemse en Estie Steyn is saam met Henk Geels (heel links), Natasha Willemse en Isabel Botha (heel regs) gekiek.

 

 

 

Nantes Coetzee het op Saterdag 18 Oktober sy 100ste keer by Matlotana Bird Parkrun as vrywilliger opgetree.

 

 

 

 

 

 

 

 

Ron McAlister het op Saterdag 18 Oktober sy 100ste parkrun gedoen. Sy vrou Veronica McAlister het ook haar 150ste keer as vrywilliger opgetree. Julius Ferreira en Rudolf Thiart is saam met hulle op die foto.

 

 

 

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Orkney - Die Noordwes Hoërskole Gholfspan het op tuisbodem by Orkney gholfbaan die SA skole-gholf interprovinsiaal titel ingepalm.

Die ander provinsies wat meegeding het, kon nie die voorsprong wat Noordwes opgebou het, inhaal nie met Boland wat tweede geëindig het en Gauteng Noord derde met KZN in die vierde plek.

Leonard Swart van KHS en lid van Orkney Gholfklub het van die begin oorheers en die individuele titel ingepalm. Die trofee lyk mooi langs die SA Hoërskole titel wat hy vroëer vanjaar in Middelburg verower het. 

 

Read more …Trofee in kas vir NW gholfers

More Articles …