Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Tydens die pas afgelope Noordwes Rolbal Ope Pare kompetisies het KBC se manspanne skoonskip gemaak en weggestap met goud, silwer en brons medaljes.

Die span van Errol Booth/Alan Kirkland het die goue medalje verower deur die span van Morné Kretschmer/Henk Heymel in die finaal te klop na ‘n spannende wedstryd wat gelykop geëindig het na normale spel. ‘n Uitspeel rondte was nodig om die wenner te bepaal.

 

Read more …Klub rol voort na goud, silwer en brons

Sarah-lee Havenga het onlangs deelgeneem aan die IBFF Universe Bodybuilding-byeenkoms. Sy het ‘n 3de plek gekry in die afdeling “bikini over 1.66”. Sy het ook deelgeneem aan Ms Fitness Model en het ‘n 7de plek verower.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sampie Theron, en sy dogter, Mari-Louise, het op Saterdag 2 November elk hul 250ste Parkrun by Matlosana Bird Parkrun voltooi. Die pa en dogter van Orkney het saam oor die wenstreep gestap. Behalwe vir die groot mylpaal, het Matlosana Bird Parkrun ook ‘n rekord Parkrunners aangeteken van 227 Parkrunners vir 2024.  Die bestuur nooi almal uit om dit ‘n gesinsuitstappie te maak. Jul kan hardloop, draf of stap vir 5 km. Skakel Bridget Kleu vir meer info op 083 331 8021.

 

 

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Klerksdorpers het hul stemme dik gemaak by die F1 Inflatable Boat Club se PPS Solutions Potch Circuit Fest wat die afgelope naweek by Potchdam aangebied is. 

Dit was ‘n opwindende resies wat gesorg het vir naelbytaksie. In die standaardklas met 9 bote in die water was dit nooit seker wie koning gaan kraai met elke ronde wat ‘n nuwe wenner gehad het. Klerksdorpers Tyler en Surien Day het goed gevaar op die plat water, waar Tyler meer vertroud is in die see dissipline. Die klas is egter gewen deur Edwin en William Butler, die pa en seun kombinasie van Klerksdorp. Tweede plek is geneem deur die tweeling broers van Potch, Heinrich en Marais Cloete, en in die derde plek was dit Armandt Du Plessis en Jacques Marais van Johannesburg. 

Read more …Aksie op Potchdam

Klerksdorp businessman and racing enthusiast, Farouk Dangor took part in the world’s biggest BMW festival event held at Kyalami International Raceway on Friday October 25. He qualified in 3rd place on the grid and Saturday - during the race - he went on to take a win in front of a huge crowd against full-time BMW series racing drivers. 

 

 

 

More Articles …